Welkom by die webwerf van die Boere-Afrikanervolksraad.

 






Agtergrond


Vind alles oor aanlyn casinospeletjies in Portugal by https://casinozeus.pt/games. Speel vir regte geld of gratis.

In terme van die Internasionale Reg het alle volke op aarde, dus ook Die Boere-Afrikanervolk, die reg tot selfbeskikking. Een relevante regsbron in hierdie opsig, is die Internasionale Verdrag van 1966 wat die Verenigde Nasies aangeneem het getitel: 
“International Covenant on Civil and Political Rights.” Alle lidstate van die VN wat hierdie Verdrag onderteken het (ook die RSA) is juridies verplig om die bepalings van hierdie verdrag na te kom. Artikel 1 van hierdie verdrag lui as volg:

“All peoples have the right of self-determination. By virtue of that right, they freely determine their political status and freely pursue their economic, social and cultural development.”(“Alle volke het die reg tot selfbeskikking. Op grond van hierdie reg, bepaal volke vrylik hulle politieke status en bevorder vrylik hulle ekonomiese, sosiale en kulturele ontwikkeling”).

Die huidige Grondwet van Suid-Afrika, erken ook die reg tot selfbeskikking op volksbasis. Daarom lui Artikel 235 van die Grondwet dat ‘n taal- en kultuurgemeenskap wat graag wil, selfbeskikking in ‘n eie gebied kan opneem, mits dit op amptelike vlak, in samehang met die Regering, aangepak word.

Die Internasionale Reg aanvaar verder dat al die lede van ‘n volk nie noodwendig daarna streef om oor hulself te regeer nie. Daarom kan selfbeskikking ook geëis word deur slegs ‘n gedeelte van ‘n volk. Indien ‘n volk se reg tot selfbeskikking geskend word en die volk, of slegs ‘n deel daarvan, wil daardie reg laat herstel, is daar vasgestelde regsprosedures wat deur sodanige groep gevolg moet word – net soos met enige ander reg wat geskend word.

Alhoewel dit ‘n bekende feit is dat daar vele volksgenote is wat graag onafhanklik wil wees, was dit tot onlangs  nog feitlik onmoontlik om te bepaal wie daardie volksgenote is en hoeveel sodaniges in getal uitmaak.  Daar was ook geen liggaam met ‘n behoorlike mandaat om namens hierdie volksgenote hulle reg tot selfbeskikking op te eis nie.

Ten aansien van bogenoemde probleem is die  Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) gedurende Augustus 2007 na ‘n amptelike Volksvergadering, in die lewe geroep. Die uitsluitlike doel van die VVK was om ‘n onafhanklike verkiesing te reël waartydens volksgenote wat soewereine selfbeskikking verlang, hul eie verteenwoordigende liggaam (Volksraad) kon kies wat sodanige proses, per behoorlike volksmandaat, namens hulle sal kan hanteer.

Hierdie verkiesing het landwyd plaasgevind by nagenoeg 150 amptelike stempunte op die 24ste September 2011. Tydens stemdag was 34  532 mense deel van die amptelike kieserslys van die Boere-Afrikaner Volk. By wyse van die ondertekening van die aansoekvorm om as kieser op die kieserslys geregistreer te word, het hierdie persone hulself onomwonde as deel van die Boere-Afrikanervolk verklaar, en as sodanig ‘n amptelike mandaat aan die Volksraad wat verkies sou word gegee  ten einde namens hulle, uitvoering van hul reg op te eis/af te dwing. ‘n Volksraad van nege lede wat al vier die ou Suid Afrikaanse provinsies verteenwoordig is te midde van groot opgewondenheid verkies. Die Volksraad se ampstermyn het gestrek oor drie jaar, maar is intussen verleng, waartydens ernstig gepoog word om die kiesers se amptelike mandaat ten opsigte van Volksvryheid, uit te voer.  Die amptelike kiesersrol bly oop vir enige persoon, wat homself vereenselwig met die vryheidsideale van die Boere-Afrikaner, om ook as kieser te registreer.

Die Boere-Afrikanervolksraad se amptelike mandaat het ten doel om namens die steeds groeiende getal kiesers, territoriale selfbeskikking te verkry in ‘n eie soewereine vaderland, weg van alle vreemde dwingelandy, slegs onder die genadige hand van ons Almagtige Vader, Allerhoogste Skepper van hemel en aarde.   

Die Volksraad:



A.E. (Andries) Breytenbach (Voorsitter)


G.S. (Steyn) Van Rönge (Adjunk-voorsitter)


P.F. (Frans) Pieterse


J.C. (Tiaan) Theron


Ds. F.S.(Ferdie) Devenier


J.A (Alwyn) De Klerk


I. Van Der Merwe 

Afgetrede Lid van die Volksraad


Mnr. A.A. Malan het op die Volksraad gedien tot en met sy oorlye in 2016.

Mnr. E. (Etienne) Le Roux het op die Volksraad gedien tot en met sy oorlye in 2012. 



Mnr. F. (Franz) Jooste het 'n tydperk op die Volksraad gedien.

Mnr. B.P. (Ben) Geldenhuys het 'n tydperk van 3 jaar op die Volksraad gedien. 

Mnr. H. (Henk) Van Der Graaf het 'n tydperk van 3 jaar op die Volksraad gedien. 


Geloofsgrondslag

Die Heilige Skrif, die onfeilbare Woord van God, soos dit verstaan en uitgelê is in die 16de eeuse Hervorming waarvan ons die dankbare erfgename is, vorm die grondslag van hierdie Volksraad.

Die Volksraad stel sy vertroue in die drie-enige God, wat Hom in sy Woord geopenbaar het as Vader, Seun en Heilige Gees. Dit is Hy wat die Boere-Afrikanervolk in hierdie land op wonderbaarlike wyse tot stand gebring het as ‘n blanke, Protestantse volk met ‘n eie taal en identiteit wat ons van alle ander volkere op aarde onderskei, en dit is aan Hom aan Wie ons volk met geloftes verbind is.

Ons glo dat Hy oor die lotgevalle van nasies en volkere beskik en dat Hy vir ons volk ‘n roeping en bestemming in hierdie land bepaal het. Dit het Hy getoon deur die wyse waarop Hy ons volk deur dieptes en oor hoogtes gelei en telkens wanneer ons in benoudheid was, uitredding geskenk het.

Die Volksraad verklaar dat ons in die huidige omstandighede waar daar vir ons volk — menslik gesproke — geen vooruitsig op die herstel van ons vryheid is nie, ons hoop en verwagting daarvoor op Hom alleen vestig. Wat ons doen, doen ons in biddende opsien tot Hom, in die geloof dat Hy ons deur sy Gees lei en dat Hy in sy almag self die uitkoms daarvan sal bepaal.

Die Volksraad doen ‘n beroep op die Boere-Afrikanervolk om ootmoedig in gehoorsaamheid aan die Woord van God en sy allesdekkende wet soos dit geldend is op al die terreine van die lewe, te wandel, en om ons volk en die Volksraad daagliks in gebed aan Hom op te dra.