Beleid en Standpunte

Laai die Boere-Afrikanervolk se Eis om Selfbeskikking in Afrikaans hier af.

The Boer-Afrikaner People's claim to self-determination can be downloaded by clicking on this link.

Die Boere-Afrikanervolk se eis om selfbeskikking is ook beskikbaar in Duits.


Grondopnamevorm:

Al diegene wat op die volkskieserslys geregistreer is; wat eiendomsreg oor enige vaste eiendom beskik; en begerig is dat daardie eiendom by ‘n toekomstige onafhanklike staat ingeskakel moet wees, word geleentheid gebied om ‘n opgawe van sulke eiendom by die VVK in te dien deur 'n "Vorm 16" in te vul; wat hier voltooi kan word.


Artikels

Laai die artikel getiteld: " Afrikaner, Boer, Afrikaner-Boer, Boere-Afrikaner " deur Prof. H. van der Wateren hier af.


Vrae en Antwoorde:


Vertalings en Afkortings:

Boere-Afrikanervolksraad (BAV)

Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK)


Boer-Afrikaner Assembly (BAV)

Volksraad Electoral Commission (VVK)

1. Vraag : Hoekom wil die Boere-Afrikanervolk selfbeskikking hê?

Antwoord : Omdat ons ‘n volk in eie reg is wat deur lede van ons eie volk regeer wil word onder ‘n grondwet wat die drie-enige God en sy Woord as hoogste gesag erken en ons volk se diepste geestelike waardes en oortuigings, ons godsdiens, kultuur en karakter verteenwoordig en weerspieël , net soos alle ander volke in die wêreld. Dit is die hoogste en mees natuurlike begeerte van enige volk. Sien ook die dokument getitel “ Die Boere-Afrikanervolk se eis om Selfbeskikking ” op www.volksraad.co.za vir ‘n meer omvattende beskrywing hiervan.

Al die volke in die wêreld hou duur verdedigingsmagte in stand en rus hulle met die mees moderne krygstuig toe ten einde te verhoed dat hulle deur ander volke oorrompel en regeer word. Op grond waarvan word daar dan van ons verwag om onderwerping aan ‘n ander nasie te aanvaar?

1. Question : Why does the Boer-Afrikaner people want self-determination?

Answer : because we are a distinct people who want to be ruled by our own people under a constitution that recognises the triune  God and his Word as highest authority and which represents and reflects our people’s deepest spiritual values and convictions, religion, culture, and character, similar to other peoples of the world. This is the highest and most natural aspiration of every nation. Please refer to the document “ The Boer-Afrikaner nation’s claim to self-determination ” on www.volksraad.co.za for a more comprehensive description.

All nations in the world maintain expensive defence forces and equip them with the most modern armaments  in order to prevent them from being overpowered and ruled by other nations. Why then are we expected to accept subjection to another nation?

2. Vraag : Is julle strewe nie maar ‘n terugkeer na apartheid nie?

Antwoord : Dit is deesdae maklik en die politieke mode om ‘n edel strewe soos dié te diskrediteer deur dit uit te maak as rassisme en apartheid . Die geskiedenis toon egter dat dié soort beskuldiging onwaar is. Die Groot Trek van die 1830s was ‘n vreedsame opstand teen Britse oorheersing en al die vryheidsoorloë wat daarná gevolg het, is teen die Britse Ryk gevoer, wat ‘n blanke ryk was. Ons weerstand teen Britse oorheersing is geïnspireer deur nasionalisme, nie deur rassemotiewe nie. Enige volksvreemde regering is vir ons net so onaanvaarbaar as die teenswoordige een. Hou die rassefaktor uit die argument uit.

Question : Is your strive not merely a return to apartheid ?

Answer : It is nowadays easy and the political fashion to discredit a noble aspiration like this by calling it racism and apartheid . History, however, proves such an allegation to be untrue. The Great Trek of the 1830's was a peaceful revolt against white British rule and all the wars of freedom that ensued were fought against the British Empire, which was a white empire. Our resistance to British rule was inspired by nationalism , not by motives that have to do with race. Any alien government will be as unacceptable to us as the current one. Let us therefore keep race as a factor out of the argument.

3. Vraag : Gee vir ons ‘n kort agtergrond van dit waaroor hierdie beweging gaan.

Antwoord : Hierdie beweging is ‘n voortsetting van die afgelope twee eeue se geskiedenis van Afrikanernasionalisme. Gedurende dié tyd is die geskiedenis van Suid-Afrika tot ‘n groot mate bepaal deur die ontstaan van die Afrikaner/Boerevolk en sy stryd teen Britse oorheersing. In die verloop van gebeurde het die Boere meer as een republiek gestig (waarvan die laaste twee as sodanig internasionaal erken en gerespekteer is), dog hul grondgebied is telkens met geweld deur die Britse Ryk in beslag geneem. Op soortgelyke wyse is ander volke en stamme wat in Suider Afrika gevestig het, ook aan Britse gesag onderwerp — soms gewelddadig en soms uit keuse.

In 1910 is die meeste gebiede onder Britse gesag staatkundig verenig in die Unie van Suid-Afrika. 1 Namate die geskiedenis verloop het, het die Boere-Afrikanervolk politieke beheer oor Suid-Afrika verkry, maar in 1994 is die politieke mag deur F.W. de Klerk se regering aan die ANC oorgegee, en is die Boere-Afrikanervolk se nasionale vryheid en selfbeskikking teen sy sin en sonder sy toestemming vernietig.

In 2007 het die Boere-Afrikaners ‘n onafhanklike verkiesingskommissie (Volksraad Verkiesing Kommissie  of VVK) van hul eie daargestel om ‘n verkiesing vir ‘n Boere-Afrikanervolksraad te reël. Die verkiesing het op 25 September 2011 plaasgevind, en ‘n mandaat is aan die verkose Volksraad gegee om ons volk se selfbeskikking volgens die prosesse wat deur die Volkereg voorgeskryf word, te herwin.

[1] Basoetoland (later Lesotho), Swaziland en  Betsjoeanaland (later Botswana), wat ook onder Britse beheer was, is nie in die Unie opgeneem nie.

3. Question : Give us a brief background of what this movement is all about.

Answer : This movement is a continuation of the past two centuries’ history of Afrikaner nationalism. During that time the history of South Africa has to a great extent been determined by the origin of the Afrikaner/Boer nation, and its struggle against British domination. In the course of events the Boers established more than one republic (of which the last two were internationally recognized and respected as such), but their territory was time and again seized forcibly by the British Empire. Likewise other peoples and tribes that had settled in Southern Africa were also subjected to British authority — sometimes with force, sometimes by choice.

In 1910 most territories under British rule became politically united in the Union of South Africa. 1 As history ran its course, the Boer-Afrikaner nation gained political control in the Union, but in 1994 the political power was handed over to the ANC by FW de Klerk’s government, and the national freedom and self-determination of the Boer-Afrikaner nation was destroyed against its will and without its consent.

In 2007 the Boer-Afrikaners established an independent electoral commission (Volksraad Verkiesing Kommissie or VVK) of its own to organise an election for a Boer-Afrikaner Assembly. That election took place on 25 September 2011, and the elected Assembly was tasked to regain our self-determination according to the processes prescribed by International Law.

[1] Basutuland (later Lesotho), Swaziland and Bechuanaland (later Botswana), which also were under British control, were not included in the Union.

4. Vraag : Wat het aanleiding gegee tot die ontstaan van hierdie groepering.

Antwoord : Die Volkereg vereis dat ‘n demokraties verkose liggaam van verteenwoordigers namens die volk optree wanneer ‘n eis soos die onderhawige gestel word. Die verkiesing van die Volksraad het op daardie basis plaasgevind.

3. Question : What informed the formation of this grouping of people?

Answer : International Law requires that a democratically elected body of representatives acts for the people when claims like the one in question are lodged. The election of the Boer-Afrikaner Assembly took place on that basis.

5. Vraag : Wat is die verskil tussen die Suidlanders, die mense van Orania en julleself?

Antwoord : Die Suidlanders is ‘n beweging wat geglo het dat anargie sou uitbreek sodra Nelson Mandela sou sterf, en hulle het voorkomingsmaatreëls gepropageer om hulleself in so ‘n situasie te beskerm.

Die mense van Orania streef na selfbeskikking vir die Afrikanervolk.  Hulle het Orania as ‘n  Afrikanernedersetting gevestig wat hulle met eie middele en volkseie arbeid ontwikkel en uitbrei.

Die Boere-Afrikanervolksraad is ‘n verteenwoordigende liggaam wat in ‘n vrye, oop en regverdige demokratiese verkiesing onder Boere-Afrikaners verkies is en met ‘n mandaat beklee is om ons volk se selfbeskikking volgens prosesse wat deur die Volkereg voorgeskryf word, te herwin.

5. Question : What is the difference between Suidlanders, the folk at Orania and yourselves?

Answer : The Suidlanders is a movement that believed that anarchy would break loose when Nelson Mandela would die, and they propagated preventative measures to protect themselves in such a situation.

The people of Orania wants self-determination for the Afrikaner people. They established Orania as a Afrikaner settlement which they develop and expand with own means and labour.

The Boer-Afrikaner Assembly is a representative body which was elected in a free, open and fair democratic election among Boer-Afrikaners, and to which a mandate was given to regain our people’s self-determination according to processes prescribed by International Law.

6. Vraag : Wat is julle sentiment/beskouing oor die teenswoordige regering van die land?

Antwoord : Tans is die Regering besig om die land in die afgrond in te bestuur met die rasgebaseerde en sosialistiese beleidsrigtings wat in die land se Grondwet vervat is.

Maar dit is nie die primêre oorweging vir ons aandrang op selfbeskikking nie. Ons eis is gebaseer op historiese, prinsipiële, morele en juridiese gronde wat tydloos en onafhanklik is van die kwaliteit van regering op enige tydstip.

6. Question : What is the sentiment around the governance of the country right now?

Answer : Right now the government is taking the country down the drain with its race based and socialist policies which are contained in the country’s Constitution.

But that is not the prime reason for our insistence on self-determination. Our claim are based on historic, principal, moral and juridical motivations which are timeless and independent of the quality of governance at any time.

7. Vraag : Hoeveel mense ondersteun julle strewe?

Antwoord : Ons is oortuig dat dit niks minder as ‘n halfmiljoen mense dié ideaal ondersteun nie,  dog ‘n betroubare syfer kan slegs bepaal word deur ‘n behoorlik befondsde opname landswyd en oorsee onder Afrikaners te maak. Tydens so ‘n veldtog sal mense volledig en objektief ingelig word, geleentheid kry om vrae te vra en antwoorde daarop te kry sodat hulle ‘n ingeligte besluit oor die aangeleentheid kan neem.

7. Question : How many people support your aspiration?

Answer : We are convinced that no less than half a million people support this ideal. However, a reliable figure can only be determined by means of a properly funded survey/poll amongst Afrikaners throughout the country and overseas. During such a campaign people will be fully and objectively informed, they will have the opportunity to ask questions and receive answers so that they can make an informed decision on the subject.

8. Vraag : Hoeveel kiesers is op die VVK se kieserslys geregistreer?

Antwoord : Ten tyde van die Volksraadsverkiesing in 2011 was daar ongeveer 34 000 geregistreerde kiesers.

8. Question : How many voters have registered on your voters’ roll?

Answer : At the time of the election in 2011 there were about 34 000 registered voters.

9. Vraag : Dus verteenwoordig julle slegs 34 000 mense uit omtrent 3 miljoen Afrikaners?

Antwoord : Geen party of groepering se steunbasis is beperk tot die aantal ingeskrewe lede nie. Ons ontvang daagliks oproepe van ondersteuners wat voorheen onbewus was van die VVK en die geleentheid om vir ‘n eie Volksraad te stem.

Die Volksraad verteenwoordig alle volksgenote  wat hom met betrekking tot die verkryging van selfbeskikking as hul verteenwoordiger aanvaar.

9. Question : Thus you only represent 34 000 people out of about 3 million Afrikaners?

Answer : No party or grouping’s support base is restricted to the number of card carrying members. We receive calls from supporters who were previously unaware of the VVK and the opportunity to vote for their own Volksraad daily.

The Volksraad represents all fellow citizens who accept it as their representative with regard to attainment of self-determination.

10. Vraag : 34 000 uit omtrent 3 miljoen Afrikaners is tog nie verteenwoordigend van die Afrikanervolk nie?

Antwoord : Nee, maar gegewe die middele waarmee en omstandighede waaronder die veldtog gevoer is, was dit steeds ‘n uitmuntende prestasie. Dit was ‘n nuwe gedagte, geheel en al ‘n inisiatief uit ons volk, is uit private donasies befonds en alle werk is deur vrywillige werkers in hul vrye tyd gedoen. Die hoofstroommedia het dit geheel en al geïgnoreer en ons kon slegs op een gemeenskapsradio en ‘n weeklikse koerant met ‘n beperkte sirkulasie steun om ons mense in te lig. Gevolglik is baie van ons mense tot vandag toe onbewus van die Volksraad se bestaan en werksaamhede.

10. Question : 34 000 out of about 3 million Afrikaners are surely not representative of the Afrikaner people as a whole?

Answer : No, but given the means and the circumstances by which the campaign was held, it still was a major achievement. It was new concept, was totally a initiative of our people, all funding came from private donations and all work was done by voluntary workers in their spare time. The mainstream media wholly ignored it and we could only rely on one community radio and a weekly newspaper with a limited circulation to inform our people. Consequently up to this day many of our people are not aware of the Volksraad’s existence and its work.

11. Vraag : Hoe kan julle verwag om jul eie staat te verkry as julle nie die steun van ‘n meerderheid Afrikaners daarvoor het nie.

Antwoord : Ofskoon daar Afrikaners is wat dit nie ondersteun nie (en hul stemme word gewoonlik deur die liberale media vergroot), is daar geen bewys dat ‘n meerderheid Afrikaners nie ten gunste van selfbeskikking is nie.

Maar hoekom word daar van ons verwag om eers die steun van ‘n meerderheid te verkry terwyl aanvaar word dat die ANC die land met ‘n minderheid regeer?

11. Question : How can you expect to attain your own state if you don’t have the support of the majority Afrikaners?

Answer : Although there are Afrikaners who do not support it (and their voices are usually blown up by the liberal media), there is no proof that a majority of Afrikaners are not in favour of self-determination.

But why are we expected to first have the support of a majority while it is accepted that the ANC rules the country with a minority?

12. Vraag : Op grond waarvan beweer jy dat die ANC met ‘n minderheid regeer?

Antwoord : Volgens die Regering se OVK was 31,4 miljoen persone geregtig om in die 2014-verkiesing te stem. Die ANC het 11,4 miljoen  stemme getrek, d.w.s. slegs 36% van sy  stemgeregtigde “reënboognasie” en 45% van die geregistreerde kiesers.

12. Question : On what basis do you state that the ANC rules with a minority?

Answer : According to the government’s IEC 31,4 million people were entitled to vote in the 1914 elections. The ANC got 11,4 million votes, i.e. only 36% of its enfranchised “rainbow nation” and 45% of registered voters.

13. Vraag : Dink u alle Afrikaners sal na ‘n Afrikanerstaat verhuis, sou dit tot stand kom?

Antwoord : Nee. Baie Swazi’s, Sotho’s en Tswanas woon buite Swaziland, Lesotho and Botswana en het selfs Suid-Afrikaanse burgerskap. Eweneens word nie verwag dat alle Afrikaners na ‘n Afrikanerstaat sal emigreer nie.

13. Question : Do you think all Afrikaners will move to an Afrikaner State, should it be established?

Answer : No. Many Swazis, Sothos' and Tswanas' live outside Swaziland, Lesotho and Botswana, and even have South African citizenship. Similarly it is not expected that all Afrikaners will emigrate to an Afrikaner State.

14. Vraag : Is dit nie voldoende om bloot ‘n meningsopname deur een of ander instansie te maak om u steunbasis te bepaal nie.

Antwoord : Nee, want soos enige verkiesing of referendum ‘n inligtingsveldtog gevoer word om kiesers in staat te stel om ‘n ingeligte keuse uit te oefen, behoort so ‘n meningsopname ook deur ‘n behoorlike inligtingsveldtog voorafgegaan te word.

14. Question : Is it not sufficient to merely launch an opinion poll by some institution to determine your support base?

Answer : No, because any election or referendum is preceded by an information campaign in order to enable voters to make an informed choice. Similarly such a poll should also be preceded by a proper campaign to inform people.

15. Vraag : ‘n Opname of referendum soos deur u voorgestel, is duur. Hoe moet dit befonds word.

Antwoord : Ons is van mening dat dit uit die staatskas, dws uit ons eie belastingbydrae gefinansier moet word.

15. Question : A campaign or referendum as proposed by you is expensive. How will it be funded.

Answer : We are of the opinion that it should be funded with public money, i.e. from our own tax contribution.

16. Vraag : Wie moet so ‘n veldtog en opname  administreer?

Antwoord : Die Volksraad en die Regering moet oor ‘n begroting ooreenkom, waarin voorsiening gemaak word vir alle uitgawes wat normaalweg tydens so ‘n veldtog aangegaan word. Die VVK sal dan die veldtog bestuur en die uitgawes uit die begroting befonds. Die Ouditeur-generaal sal uitgawes kontroleer en sertifiseer dat die fondse in ooreenstemming met die begroting aangewend is.

16. Question : Who must administer such a campaign and poll?

Answer : The Volksraad and government must agree on a budget in which provision is made for all expenses that are normally made during such a campaign. The VVK will then manage the campaign and pay the expenses as budgeted. The Auditor-General will exercise control over expenses and certify that the funds have been expended in accordance with the budget.

17. Vraag : Sal dit uitsluitlik ‘n Blanke staat wees.

Antwoord : Dit is merkwaardig dat die vraag so dikwels gevra word deur mense wat klaarblyklik die gedagte van ‘n Boere-Afrikanerstaat vyandiggesind is. Waarom raak dit hulle, aangesien hulle tog nie daar sal wil bly nie.

Ek wonder hoe sal hulle reageer as ek sou suggereer dat so ‘n staat al die rasgebaseerde wette en regulasies van die teenswoordige Suid-Afrika moet oorneem en presies omgekeerd toepas.

17. Question : Will it be an exclusive White state?

Answer : It is remarkable that that question is asked so often by people who seem to be hostile toward the idea of a Boer-Afrikaner state.  Why does it concern them, seeing that they will not want to live there?

I wonder how will they react if I suggest that such a state should take over all the race-based laws and regulations of the present South Africa and apply them exactly the other way round?

18. Vraag : Ek is Engels en my vrou Afrikaans, sal ons welkom wees om daar te woon?

Antwoord : Geen staat in die wêreld het ‘n uitsluitlik homogene bevolking nie, maar bykans elke staat in die wêreld het ‘n hoofbevolking wie se diepste geestelike waardes en oortuigings, godsdiens, kultuur, ens. in die grondwet van daardie staat vervat is. Die grondwet bepaal en weerspieël die karakter van die staat, en dié karakter word beskerm deur toepaslike wette en maatreëls, bv. immigrasie- en verblyfwette, voorwaardes vir burgerskap, ens. Mense wat assimileerbaar is en gewillig is om die kultuur van die staat te aanvaar, word gewoonlik daar verwelkom. So was die Boererepublieke van die verlede en ‘n moderne Boere-Afrikanerstaat sal nie ‘n uitsondering wees nie.

18. Question : I am English and my wife Afrikaans, would we be welcome to live there?

Answer : No state in the world has an exclusively and totally homogeneous population, but nearly every state in the world has a main population whose deepest spiritual values and convictions, religion, culture, etc. are enshrined in the constitution of that state . The constitution determines and reflects the character of the state, and that character is protected by applicable laws and measures, eg. Immigration and residence laws, conditions for citizenship, etc. People who can be assimilated and are prepared to accept the culture of that state, are usually welcomed . Such were the Boer Republics of the past, and a modern Boer/Afrikaner state will be no exception to this.

19. Vraag : Waar beplan julle om ‘n onafhanklike staat te vestig.

Antwoord : Aangesien ons mense verspreid oor Suid-Afrika woon, is ons besig om gebiede te identifiseer waar Afrikaners/Boere wat selfbeskikking nastreef, gekonsentreer is. Dit is dus moontlik dat ‘n onafhanklike Afrikanerstaat uit meer as een gebied, wat nie fisies aaneengesluit is nie, kan bestaan, soortgelyk aan die ou Bophutatswana.

Dit is daarom uiters belangrik dat eienaars van vaste bates wat ons strewe ondersteun, die VVK se grondopnamevorm (vorm 16) so spoedig moontlik moet voltooi en aan die VVK terugstuur. Die vorm is verkrygbaar op die webblad www.vvk.co.za

19. Question : Where (do) you plan to have the independent state?

Answer : As our people are living all over South Africa, we are busy with a survey to identify areas where those Afrikaners who want self-determination, are concentrated . Thus it is possible that an independent Afrikaner/Boer state may consist of more than one area that are not physically linked together, similar to the former Bophutatswana.

It is therefore important that owners of fixed property, who support our ideal, complete the VVK’s property survey form (form 16) as soon as possible and send it to the VVK. This form is available on the website http://vvk.co.za/Vorm-16/